DIE HEILIGHEID VAN GOD – deur Clyde L Pilkington, Jnr

  • Updated
  • Posted in Afrikaans

DIE HEILIGHEID VAN GOD – deur Clyde L Pilkington, Jnr

Baie predikers stel God verkeerd voor aan die mensdom, as ‘n harde, streng, kwaai god, vol woede. Dit is deels die byproduk van die godsdienstige sisteem se foutiewe siening van God se “heiligheid”. Ons was erg mislei oor die ware aard en karakter van ons Skepper.

Die Hebreeuse woord vir “heiligheid” in 11 Kronieke 20:21 beteken “ongewoon” (d.w.s. “spesiaal”), as onderskeie en afsonderlik (d.w.s. “afgesonder van die res”) van die algemene. Dit word gedefinieer as “afsonderlikheid” en “apartheid.” Die betekenis van “heiligheid” is “een wat as spesiaal afgesonder is.”

Waarlik, God is ongewoon, en spesiaal. Hy is afgesonder, en onderskei van Sy hele skepping. Op watter manier? Op baie maniere! In elke opsig!

Maar, skriftuurlik, op watter manier word gesê dat God “heilig” is? Wat is die kenmerk van kontras en onderskeid? Dit is God se “genade”.

Toe die koor van Israel die lof van God besing het, is dit nogal interessant om op te let waaroor hulle spesifiek oor Hom lofprysing gedoen het:

hy [het] sangers vir die HERE aangestel wat sy glansryke heiligheid moes loof…(11 Kronieke 20:21).

Tog, om die ware prag van God se heiligheid te demonstreer, hier is wat hulle eintlik gesing het:

…Prys die HERE; want vir ewig duur sy troue liefde (11 Kronieke 20:21) Engelse vertaling: …Praise the LORD; for His mercy endures for the ages.[J1] 

Die mensdom se talle godsdiens-sieninge wil ons laat glo dat die heiligheid van God oorloop van die grootste erns, woede en toorn; maar toe die koor van Israel die lof van God se heiligheid besing het, het hulle spesifiek oor Sy blywende genade en troue liefde gesing. Dit is so teenstrydig met  godsdienstige denke.

Die heiligheid van God loop eintlik oor van vriendelikheid, deernis, liefde, sagmoedigheid en barmhartigheid! Ons leer dit uit die bladsye van die Skrif self. Ons sien dit duidelik binne die konteks van ons skrifgedeelte voorhande. God se heiligheid word onmiskenbaar met goddelike genade geassosieer.

Hier is nog ‘n gedeelte wat die verhouding tussen die ware karakter van God se heiligheid en Sy oorvloedige genade duidelik toon.

Ek sal nie in my brandende toorn optree nie; Ek sal nie omdraai en  Efraim vernietig nie; want Ek is God, nie ‘n mens nie – die Heilige in jou midde… (Hosea 11:9)

Waarom sou God nie die felheid van Sy “woede” uitvoer nie? Die vers vertel ons hoekom: omdat Hy nie ‘n mens is nie, Hy is  “die Heilige”!

Ons word dikwels gelei om te glo dat die einste rede waarom God nie ‘n verhouding met die mens kan hê nie, as gevolg van Sy heiligheid is. Tog kan ons uit hierdie gedeelte sien dat dit net die teenoorgestelde is. Hy is immers waarlik ’n God wat “vreugde vind in troue liefde” (Miga 7:18). He delights in mercy. (MKJV)

Ons kan ook die verband tussen die heiligheid van God en sy goedheid en genade in die aardse lewe van die Here Jesus Christus sien. Hy was Emmanuel – “God met ons.” Die waarheid is dus dat die een “wat heilig is” en “afgesonder van sondaars” hier op aarde was as “‘n vriend van tollenaars en sondaars” (vgl. Hebreërs 7:26; Matteus 11:19).

Een veelseggende gedeelte oor die ware aard van heiligheid kan gesien word in die vermaning van Paulus, die apostel:

Ek verwag van die mans dat hulle op elke plek sal bid met heilige hande omhoog, sonder woede en rusie (1 Timoteus 2:8).

Uiteindelik is woede en heiligheid onversoenbaar in die gedagtes van Paulus (en in die gedagtes van God!).

God se heiligheid is oorwegend verbind met Sy rol as Verlosser. Hy is die deernisvolle en liefdevolle Verlosser vanweë Sy heiligheid, nie ten spyte daarvan nie!

                Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou verlosser (Jesaja 43:3).

Paulus gaan nog verder voort om aan ons te openbaar dat God nie net die Verlosser van Israel was nie, maar dat Hy inderdaad

                die lewende God, wat die Verlosser van ALLE mense is (1 Timoteus 4:10)

Dit is die Bybelse siening van die ware en lewende God! Dit is die skriftuurlike siening van die heiligheid van God!

Verheug jou in Hom! Hy is ‘n wonderlike God! Sy heiligheid is pragtig!

***

Let wel: Hierdie artikel is Les 7 van Kursus 1, Eenheid 5 van BIble Student’s Courses gepubliseer in Bible Student’s Notebook (sien www.biblestudentsnotebook.com) en deur ons vertaal.


 [J1]

Johann Grobler

Johann Grobler is a practising lawyer, conveyancer and notary public. He has dedicated much of his life to learn the truth about God and His plan.