Afrikaans
Die skepper van hierdie webtuiste is Johann Grobler. Johann is ‘n praktiserende prokureur, aktebesorger en notaris.
Sedert sy kinderjare koester hy die begeerte om die Bybel korrek te verstaan. In sy vyftigerjare behaal hy die MA Teologie Graad by Noordwes Universiteit (Potchefstroom).
Sedertdien het soeke na die waarheid hom gelei tot ‘n diep besef van die soewereiniteit van God en wat dit behels. Terselfdertyd het hy toenemend tot die besef gekom dat kerke, Bybel-kolleges, teologiese seminariums en teoloë oor die algemeen nie die waarheid oor God verstaan nie.
Die doel van hierdie webtuiste is om die grootsheid van God uit te lig en Sy wonderlike plan vir die redding van die mensdom bloot te lê.
Jy gaan nie gevra word om by ‘n bepaalde denominasie of kerk aan te sluit nie. Ons is nie gekoppel aan enige organisasie nie.
Skenkings word verwelkom.
Bankrekening besonderhede:
JH Grobler,
ABSA lopende rek nr 109 197 0577.
Indien u ‘n kwitansie verlang, kontak ons deur die epos kits-skalel.
Webtuistes wat ons aanbeveel, mag dalk hier en daar stellings bevat waarmee ons nie saamstem nie, maar is tog grotendeels in ooreenstemming met ons sieninge van die waarheid.
NEDERLANDS:
Dit is nie so moeilik vir Afrikaanssprekendes om Nederlands te lees nie. ‘n Paar woorde wat jou sal laat kopkrap is: vaak = dikwels (Afr.); zoon = seun (Afr)